Wednesday, 21 September 2011
ECO-Oosies Verf dat die verf behoorlik vir jou spat!
Spits jou ore en plant DIE saadtjie in jou gedagtes want ONS, Ja ons gaan groen!
Die ECO oosies het sopas hulle eerste projek aangepak. Die Asblik Projek.
Asblikke skrop?
Nee!
Asblikke leegmaak?
Nee!
Asblikke verf?
Ja Asblief!
Op 'n lekker sonnige Woensdag middag die 21ste September het 'n handtjievol ECO 0osie lede die projek aangepak en dit was 'n reuse sukses! Asblikke is versier en deel gemaak van die skool! Elke groep het met 'n kwas in die hand en 'n bottel verf die asblik gaan takkel.
Daar was hope pryse uitgegee van die mooiste asblik tot en met die beste gees, die mees lukraakste asblik en 'n prys vir die kreatiewe denkers.
Die mees onverwagste pryse vir 'n dans kompetiesie!
Wie het gewen? Die Kultuur OMR groep natuurlik!
'n "Piggyback" ressies! En wie het dit gewen?
Die ECO bestuur maar ons laat die Kultuur raad maar dink hulle het dit gewen.
Daar was hope gees en baie herhinneringe wat gemaak is!
Baie dankie aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het!
Herwin en oorwin!!
Wednesday, 7 September 2011
Welkom by die amptelike ECO Oosie Blog!!!!!
Watch this space...
Because in due time...
It will be filled...
with...
Pure Awesomeness
Subscribe to:
Posts (Atom)